Vamık D. Volkan, M.D., DLFAPA, FACPsa.

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Nieu-Seeland klink al beter vir my
 
 
 
Joan Hambidge
 
 
 
 
Trauma is soos om verlief te wees, jy kán nie regtig daaroor praat met iemand wat nie verlief is nie.
Dit is die tipiese stilte van trauma wat maak dat mense later nie op ’n gesonde manier van hul aggressie ontslae kan raak nie.
Ten spyte van die WVK speel trauma steeds ’n rol in die SuidAfrikaansegemeenskap, veral by die individu.
 
ELSABÉ BRITS het met prof. Vamık Volkan, ’n wêreldbekende psigiater en ken
ner van getraumatiseerde gemeenskappe, gepraat.
 
 
 
 
 
 
 Prof. Vamık D. Volkan
verduldelik hoe trauma oorgedra word.
(Photo: Leanne Stander)
 
 
 
 
MAG ek jou ’n persoonlike vraag vra?” wil ’n man weet en skuif neffens my in op sy trapfiets in die gym.
 
Wat kan dít wees?
 
Of ek ’n klein hondjie soos Paris Hilton s’n het? ’n Liefdeskindjie by Steve Hofmeyr begeer? Moeg is vir die lewe in die stad?
 
“Maar natuurlik!”
 
“Hoekom is jy so negatief oor Nieu-Seeland in jou reisrubriek? Weet jy nie dat dit die mees wonderskone plek op aarde is nie? En as vrou behoort jy te weet: daardie land word deur vroue beheer en regeer én hulle was van die eerstes met stemreg vir vroue,” meen hy.
 
“Ek weet, ek weet,” gooi ek wal. Die sweet tap my af. “U sien, ek oordryf en gebruik Nieu-Seeland, wat ek nog gaan besoek, as ‘n ‘back-drop’ om my onbehae uit te spreek teenoor diegene wat die land verlaat, elders gaan bly en dan ’n Afrikaanse kolonie in die vreemde stig.

“Dit is so ja. Ek is van huis uit Engels, maar ek lees Afrikaans en die posisie van Afrikaans interesseer my.” Nou skud ons blad.

Sy selfoon lui. Hy gesels met ’n vriend. “Wat dink jy van die T-opsie?” vra hy toe die selfoon doodgaan. “Jy is sekerlik ’n oud-Matie?”

En voor ek kan antwoord, bely die gawe half-Engelsman: “Weet jy, ek dink mense moet versigtig wees; dit kan die einde van Afrikaans beteken... op die lange duur.”

“Ek weet dit is ’n komplekse debat, maar ek is pro-moedertaalonderrig.”

Toe lui sy selfoon weer en ek stap na die roeimasjien.
 
 
-----------------------------------------------------------
 
 
NET toe ek my dye uitstrek om te begin roei, kom ’n vrou nader. Sweetband om die kop. Sy neem langs my stelling in op die roeimasjien.

“Ek sien jy is nogal negatief oor Nieu-Seeland, hoor. Dit was een van ons beste vakansies nog, maar waarskynlik te vervelig vir iemand soos jy wat van opwinding hou.” Sy kyk reg voor haar. Roei. Tjoep-tjap.

Ek kan die ligte verwyt in haar stem hoor.

“U moet dit nie persoonlik opneem nie. Ek gebruik Nieu-Seeland net as agtergrond, u weet, om belangrike sake van die hart af te kry.”

“Gmf. Gmf. Maar daar is pragtige skape en mooi groen weivelde. En dit is skoon. Kyk net hoe lyk dit hier by ons. Alles is daar ‘comfy’ en ‘homely’, hoor. Ons was laasjaar in Matawha op die oordeiland in ’n gastehuis met ’n klavier! Buite is daar ’n waterval en die Karioi-berg. Nee wat, jy weet nie wat jy misloop nie.”

Ek antwoord liefs nie. Bly net roei op my bootjie en verbeel my ek reis tot in Nieu-Seeland.

Toe ek by die hawe invaar, is dit mistig en bewolk – soos in die openingstoneel van Jane Campion se rolprent The Piano.

“U paspoort, asseblief,” vra die doeanebeampte vriendelik. Toe hy sien wie ek is, beveel hy my om eenkant te gaan staan.

Hy tel sy foon op.

Ek hoor hoe hy sê in Afrikaans: “Haai, Marie, daai digter van Kaapstad is hier op besoek. Ja, man, daai een wat so dig oor vrouens, jy weet. Laat weet vir Malie sy’s hier. Hulle kan haar mos nooi na hulle leeskring in Auckland, met koeksisters en tee.”

Ek maak of ek nie die gesprek hoor nie. “Haai, regtig?” hoor ek hom sêvra. Toe weet ek. Dis die plek vir my!

Volkan kén getraumatiseerde gemeenskappe, van oorlewendes van die Joodse menseslagting en Nazi’s en hul kinderswat skuldig voel; tot mense van die Israelies-Palestynse-konflik.

Hy is bekend by talle universiteite en het 24 boeke agter sy naam. Sy amptelike titel: “Emeritus-professor van psigiatrie aan die Universiteit van Virginië, ’n mooi titel om te sê ek het afgetree.”

Dié man is ’n Turkse Ciprioot en het ná sy studie in Amerika gaanwerk as psigiater, en lid van die Amerikaanse Vereniging van Psigiaters geword het.

In die laat 1970’s het pres. Anwar Sadat van Egipte ’n toespraak in Israel gelewer “wat my lewe verander het”. Hy het gesê 70% van die probleme tussen Israel en die Arabiere is sielkundig.
 
----------------------------------------------------------- 

DIE Amerikaners het in 1980 ’n span sielkundiges en psigiaters na die Midde-Ooste gestuur om te bepaal of dit waar is en Volkan was lid van die span. In 1983 het hy leier van die span geword.

Onderhoude is met top-rolspelers gehou en baie is geleer. Die missie het geëindig weens beleidsveranderings van die psigiatriese vereniging.

Volkan het die “Centre for the Study of the Mind and Human Interaction” in die VSA geopen om meer hieroor te leer. Talle top-rolspelers in konflik is hierheen om onderhoude mee te voer.

Dieselfde tipe missie is onderneem na die voormalige USSR en die probleme wat daar in die Oosseestate ontstaan het. In die tyd wat Volkan groepsessies in die Oosseestate gereël het, was daar geen bloedvergieting nie. Van daar is hulle na Koeweit en talle vlugtelingkampe wêreldwyd.

Duitsland het hom genader om gesprekke tussen Duitsers en oorlewendes van die Joodse menseslagting, asook albei kante se kinders, te reël.

“In Duitsland het die sielkundiges en psigiaters agtergekom die mense praat glad nie oor die menseslagting nie. Hulle is só getraumatiseer dat dit vergelyk kan word met soos om baie verlief te wees, mens kan nie met iemand praat wat nie ook verlief is nie.”
 
 
----------------------------------------------------------- 

OORLEWENDES van die Joodse menseslagting in Amerika, byvoorbeeld, vorm klein groepies waar hulle net met mekaar sosialiseer. Hulle raak later vasgevang en kom nooit uit nie.

In die geval van die Duitsers het hulle ook nie gepraat nie. Hulle was so skaam dat hulle foto’s van Nazi-familielede in die badkamer gehang het. Selfsmet al die boeke en rolprente wat oor die Joodse menseslagting gemaak is, het die mense wat daardeur getraumatiseer is, stilgebly.

In gesprekkemet ander slagofferswat aan trauma ly en glad nie Joods is nie, of hoegenaamd niks met die Tweede Wêreldoorlog te doen gehad het nie, het hy op iets fassinerends afgekom: Mense regoor die wêreld gebruik Nazi-simbole in hul drome, uitdrukkings om hul pyn uit te druk.

“Dit is asof die Joodse menseslagting ’n simbool van universele trauma geword het. Dit het ’n gedeelde simbool geword en pyn en lyding.”

Die boek wat Volkan hieroor geskryf het, is Third Reich and the Unconscious. Trauma word van een geslag na die volgende oorgedra. Dit is reeds bewys, sê hy.
 
 
---------------------------------------------------------- 

VOLGENS hom is daar twee prosesse van ouer na kind wat, in die oorgrote meerderheid van gevalle, onbewustelik geskied.

In die eerste identifiseer die kind met die ouer se verhaal, en die trauma word so deur die kind opgeneem.

Die tweede proses, noem hy deponering, en dit is inligting wat die ouer letterlik op die deponeer (dump). Die getraumatiseerde  “self” word op die kind afgestoot. As ’n persoon bewus van homself, homself  op ’n wettige manier kan laat geld, kan hy dit oorkomen die aggressie op ’n natuurlike manier ontlaai. As dit nie gebeur nie, is daar probleme.

“Ek ken Suid-Afrika net oor wat ek daarvan gelees het, ek praat dus as amateur. Ek is bewus van die geweldsmisdade. Ek dink tog die WVK was suksesvol in dié opsig dat daarsonder so, daar nog meer geweldsmisdade gewees het."
 
 
-----------------------------------------------------------
 

HY meen een van die redes vir die sukses van die WVK is omdat dr. Desmond Tutu dit gelei het. Sy persoonlikheid het baie daarmee te doen gehad.

Generasies vergeet naderhand vir wie hulle kwaad is, hulle gebruik die geweld, omdat dit hul identiteit raak. As ’n mens dit wil verander, wil hulle nie, want dit is wie hulle is. Om dit te verander, is baie moeilik, sê hy.

“Die WVK was suksesvol vir die gemeenskap as ’n geheel, want dit het sekere gevoelens geabsorbeer, maar ek weet nie hoe suksesvol dit was vir die individu nie. Die heel belangrikste ding voor ’n mens kan vergewe, is om te rou.”

Volgens homkan Suid-Afrika se probleem net interdissiplinêr opgelos word.
 
Volkan was vandeesweek een van die gassprekers op ’n konferensie wat in Kaapstad gehou is oor die tien jaar ná die WVK.

Volgens hom is die huidige vlak van konflik in die Midde-Ooste die laagste wat dit tot nog toe was, “dit is ’n kanker”. Dit is ’n oog-vir-’n-oog-oorlog, sonder datmense werklik praat. Die oorlog het ’n primitiewe vorm van gedrag geword.

“Ons het ’n wêreldleier (pres. George W. Bush) wat nie tussen fantasie en realiteit kan onderskei nie. Hy meng politiek en godsdiens.

“Ek is nie teen godsdiens nie, maar oor wat dit geword het.Dit het alomteenwoordig geraak. Deesdae mag mens niks oor godsdiens sê nie en dit ook nie bevraagteken nie. As ek so daarna kyk, is ek soms skaam om ’n mens te wees.”

 

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
 
 
 
Copyright © Vamık D. Volkan and Özler Aykan 2007.
 
All rights reserved.
 
 
 
Policies & Info / Accessibility / Sitemap / RSS / JSON
 Webmaster: Oa Publishing Co. 
Editor: Ö–zler AYKAN
Last modified on: Apr 20, 2016